Besoek die KKAK 2026 Kunstefees in Kathu!
Vrydag 30 Oktober – Skoolleerlinge en Volwassenes.
Algemene toegang na die feessterrein.
Toegang tot die BBP (VIP) -kroegtent met sitplekke en voorkeursitplekke naby aan die verhoog IS NIE BY HIERDIE KAARTJIE INGESLUIT NIE.
U het hierdie kaartjie nodig wanneer u die terrein betree. Maak seker u druk ‘n kopie en vertoon dit by die ingang met die QR kode duidelik skandeerbaar, of bring u selfoon met hierdie kaartjie saam om geskandeer te word wanneer u die terrein betree.
Event Details
Besoek die KKAK 2026 Kunstefees in Kathu!
Vrydag 30 Oktober - Skoolleerlinge en Volwassenes.
Algemene toegang na die feessterrein.
Toegang tot die BBP (VIP) -kroegtent met sitplekke en voorkeursitplekke naby aan die verhoog IS NIE BY HIERDIE KAARTJIE INGESLUIT NIE.
U het hierdie kaartjie nodig wanneer u die terrein betree. Maak seker u druk 'n kopie en vertoon dit by die ingang met die QR kode duidelik skandeerbaar, of bring u selfoon met hierdie kaartjie saam om geskandeer te word wanneer u die terrein betree.
Date: 2026-10-30
Start time: 12:00 SAST
Venue: Kathu
Betaling vir stalletjies en kaartjies vanaf die webwerf geskied tans deur die Payfast rekening van die Sonneblom Foundation NPN. Sonneblom Foundation het geen winsbejag nie, en die netto bedrae wat deur Payfast vir transaksies te gunste van KKAK uitbetaal word, word sonder verdere heffing aan die KKAK oorbetaal. Die Sonneblom Foundation bekamp tiener selfmoord, en werk nou saam met die KKAK.
Stalletjies mag slegs deur die webwerf bespreek word.
Toegangskaartjies mag vooraf deur die webwerf aangekoop word, of per kaart betaal op die dag.
Kaartjies kan aanlyn vanaf hierdie webwerf aangekoop word. Onthou HIERDIE BELANGRIKE INLIGTING indien jy jou kaartjie of kaartjies aanlyn koop
1. Voordat jy betaal, maak seker jy voltooi die Naam en Van, Telefoonnommer, en EPOS ADRES van elke persoon vir wie jy ‘n kaartjie koop.
2. Elkeen van hierdie persone sal ‘n EPOS ontvang op die EPOS adres wat die aankoper voorsien het wat hulle digitale kaartjie bevat.
3. Daar sal ook ‘n PDF weergawe van jou kaartjie aangeheg wees.
4. Beide die e-pos en pdf dokument het ‘n QR-kode. Hierdie QR kode moet jy aan jou hê wanneer jy toegang wil verkry, en dit sal geskandeer word voordat jy toegelaat word om die perseel te betree. Hierdie QR kode mag net vir die dag gebruik word waarvoor dit geldig is, en mag nie deur persone wat nie die wettige eienaar van die kaartjie is gebruik word nie.
KKAK het ‘n GEEN TERUGBETALINGSBELEID. Maak seker dat wanneer u ‘n stalletjie bespreek, toegangskaartjie aankoop, dat u op daardie dag of dae teenwoordig sal kan wees.
Die volgende items mag nie deur uitstallers as verkoop aangebied word nie, hetsy dit in die amptelike reëls gestipuleer word, al dan nie:
1. Die verkoop van alkohol.
2. Die verkoop van gas-koeldranke (Coke-Cola, ens)
3. Die verkoop van drankies (koffie, slush-puppies, ens.) wat in glashouers soos bottels, bekers, en ander glas houers aangebied word. U mag papier, plastiese, en blik houers daarvoor gebruik.
4 Enige narkotika, dwelms, of hubbly produkte.
Feesganger mag nie die volgende op die terrein bring nie, hetsy dit in die amptelike reëls gestipuleer word, al dan nie:
1. U eie kos, drank of koeldrank.
2. Narkotika, dwelms, of hubbly produkte.
Geen persoon (feesgangers of uitstallers) mag die feesterrein met die volgende items betree nie, hetsy dit in die amptelike reëls gestipuleer word, al dan nie:
1. Vuurwaoens.
2. Messe.
3. Tradisionele wapens.
4. Hubbly produkte.