Ons het jou hulp nodig!
Ongelukkig kos webwerwe, en die onderhoud daarvan, geld.
Jy kan help deur elke maand ‘n klein bedrag van ten minste R25 te skenk om hierdie webwerf van die KKAK wat deur die Kuruman Kombinasie aangebied word, lewendig te hou. Alle skenkings wat ontvang word, word direk teen die rekening van die KKAK met Passionate about Websites gekrediteer, om hulle maandelikse las ligter te maak. Sou daar meer geld inkom deur skenkings as wat die fooie beloop, sal die verskil aan die Kuruman Kombinasie uitbetaal word.
Daar is drie maniere hoe jy kan bydra:
In ruil vir jou donasie van R25 per maand, plaas ons die logo van jou besigheid onder ons borge op die webwerf van die KKAK. Die volle R25 gaan ten gunste van die KKAK.
In ruil vir jou donasie van R80 per maand, plaas ons die logo van jou besigheid onder ons borge op die webwerf van die KKAK, en ons plaas ‘n OPTION 1 advertensie vir jou besigheid in die PAWZETTE. Van hierdie bedrag gaan R40 ten gunste van die KKAK, en R40 ten gunste van Passionate about Websites.
In ruil vir jou donasie van R130 per maand, plaas ons die logo van jou besigheid onder ons borge op die webwerf van die KKAK, ons plaas ‘n OPTION 1 advertensie vir jou besigheid in die PAWZETTE, en ons plaas ‘n reeks advertensie van jou besigheid onder die vaandel van Passionate about Banners. Van hierdie bedrag gaan R65 ten gunste van die KKAK, en R65 ten gunste van Passionate about Websites.
