Kalahari Kuier in
Afrikaans
Kunstefees
KKAK…
Kuier na hartelus in die Kalahari
Aangebied deur die Kuruman Kombinasie
Dit gebeur 7 & 8 November 2025 in Kathu!
Gereelde Vrae (FAQ)
Gereelde Vrae:
VRAAG 1: Is daar 'n ouderdomsbeperking om die KKAK by te woon?
ANTWOORD 1: NEE, persone van enige ouderdom kan die KKAK bywoon. Minderjariges bly steed hulle ouers se verantwoordelikheid.
VRAAG 2: Wat is die toegangsfooie?
ANTWOORD 2: R75 per persoon op Vrydag, ongeag ouderdom. Op Saterdag is die pryse R100 per volwassene, R80 per hoërskool kind, R50 per laerskoolkind, R20 per voorskoolse kind.
VRAAG 3: Waar word die KKAK 2025 aangebied?
ANTWOORD 3: DIE KKAK 2025 word aangebied by die SIVOS Sportgronde, Kathu, Noord-Kaap.
VRAAG 4: Wanneer word die KKAK 2025 aangebied?
ANTWOORD 4: DIE KKAK word aangebied Vrydag die 7de November 2025 en Saterdag 8 November 2025.
Die kunstenaars wat jou gaan vermaak!













Naweek program
Uitstallers
Wil jy graag uitstal? Hier is al die inligting wat jy nodig het!
Jy kan ‘n PDF van die inskrywingsvorm HIER AFLAAI wat jy kan uitdruk en voltooi.
Gebruik HIERDIE WHATSAPP GROEP vir Uitstaller Inligting
Kompetisies
Vellie Kompetisie
Dit is SOOOOOO maklik om deel te neem. Druk en voltooi die inskrywings vorm, voltooi dit, betaal jou inskrywings fooi, en stuur jou inskrywing in.
Jy kan ‘n PDF van die inskrywingsvorm HIER AFLAAI wat jy kan uitdruk en voltooi.
Nog ‘n kans om te wen!
Is jou Windows rekenaar stadig?
Wen 'n diens vir jou Windows 10 of Windows 11 persoonlike rekenaar of skootrekenaar
Remote Proactive Care (RPC) diens jou rekenaar vanuit hulle kantoor deur gebruik te maak van afstandverbinding. (remote connection). Die eienaar en tignici van RPC het meer as 40 jaar IT ondervinding in die onderhoud van rekenaars in militêre, semistaatsinstellings, korporatiewe, kleinbesighede, en tuis omgewings, en kan jou van ‘n professionele en vertroulike diens verseker. Hulle kan jou help in Afrikaans, of Engels. sou jy dit verkies.
Jy kan meer leer van hulle diens by hulle webwerf.
Gebruik die vorm hieronder om jou besonderhede te voltooi, en daarna kan jy jou betaling aanlyn doen. indien jy enige vrae het kontak help@remoteproactivecare.com.
Reëls:
- ‘n Donasie van ten minste R25 is betaalbaar, deur gebruik te maak van die skakel wat voorsien sal word nadat jy hierdie onderstaande vorm voltooi het.
- Alle inskomste (minus payfast fooie) deur hierdie kompetisie gewin sal aan die Kuruman Kombinasie oorbetaal word.
- Om hierdie diens te ontvang moet jy daartoe instem dat RPC jou Windows 10 of Windows 11 persoonlike rekenaar of skootrekenaar deur RustDesk bedien.
- Die kompetisie sluit om middernag die 9de November 2025 (ons gee laatslapers so ekstra dag om wakker te skrik), en wenners sal direk gekontak word so gou as moontlik daarna.
Algemene inligting







Boodskap van dominee Joha-Lize uys
Die gedagte agter die Kalahari Kuier in Afrikaans Kunstefees (KKAK) is om fondse in te samel vir die bou en versterking van geestelike en sosiale omstandighede in Kathu, Postmasburg, Kuruman en omliggende areas.
Alle fondse wat ingesamel word, vloei direk terug in die gemeenskap om geestelike en sosiale werk in die omgewing te versterk.
Dit vir geestelike instansies en NPO’s toenemend moeilik om finansieel volhoubaar te bly. Hierdie fees help ons om voort te gaan met ons roeping: om geestelike ondersteuning aan die gemeenskap te bied en ’n gelukkige, gesonde en florerende samelewing te bevorder. Verder stel hierdie fondse NPO’s in staat om hulle hande wyer uit te strek en sodoende meer barmhartigheidswerk te doen.
Ons borge en mense wat KKAK 2025 en hierdie webwerf moontlik maak
Will jy graag jou logo hieronder laat verskyn? Jy kan dit doen teen slegs R25.00 per maand. Hierdie maandelikse donasies word gebruik om die kostes van die webwerf te verminder, en surplus fondse word weer teruggeploeg in die KKAK welwillendheid fondse in.
Jy kan ook jou besigheid se advertensie teen minimale koste plaas aan die bo-kant en die onderkant (soos aan die bokant en onderkant van hierdie webwerf) van 60 ander webwerwe saam met meer as 100 ander adverteerders, en ook in die PAWZETTE, ‘n gesamentlike digitale drosjure vir alle besighede. LEES MEER HIER…
Kontak ons
KKAK 2025
Vir algemene inligting gebruik die kontakte beskikbaar in die WhatsApp toep links onder.
Jy mag ‘n epos stuur aan diespan@kkak.org.za in verband met enige navrae, borgskappe, die program, of uitstallers van die KKAK 2025.
SIVOS SPORTGRONDE
KKAK WEBWERF
Vir enige inligting oor die webwerf gevbruik die kontak beskikbaar in die WhatsApp toep links onder.
Jy mag ‘n epos stuur aan riaan@kkak.org.za in verband met enige navrae oor die webwerf, RPC, PAW, PAB, of PAWZETTE.
Add Your Heading Text Here
Laai jou spesiale KKAK 2025 PAWZETTE gratis af!
Die PAWZETTE is ‘n kollektiewe, digitale brosjure waar kliënte van Passionate about Websites, sowel as nie-kliënte in mag adverteer. Pryse is minimaal en word ook bepaal deur die status van die adverteerder, sowel as die grootte van die advertensie. Veelvuldige advertensies word toegelaat.
‘n Spesiale uitgawe van die PAWZETTE wat meestal die KKAK 2025 dek, is beskikbaar vir feesgangers en ander belangstellendes om AF TE LAAI, en te druk as dit nodig is.
